Nuusbrief  18                                                                  2 Junie 2022

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:
Ons bid dat die Here ons skool sal seën deur die Heilige Gees oor ons uit te stort en ons te verander en te vernuwe. Ons bid dat die Heilige Gees ons in God se waarheid sal lei en ons aan Sy weë sal herinner. Mag die Heilige Gees ons in ons denke, gesindhede, besluite en optrede by Midstream College lei.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

VAKANSIEKLUB

’n Vakansieklub sal vanaf Maandag 27 Junie tot Vrydag 1 Julie vanaf 08:00 – 13:00 by die skool aangebied word. Alle leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm voor 16 Junie.

VAKANSIEKLUB - INSKRYWINGS
 
 

HOKKIE

Die amptelike hokkieseisoen vir o.10 – o.13 begin Dinsdag 19 Julie. Proewe sal vanaf 13 Junie gehou word om die spanne vir volgende kwartaal te bepaal. Verwys asseblief na die proewe en oefenskedules op die skool se webblad.

Kontak gerus vir mnr. R. Brameld (ronaldb@midstreamcollege.co.za) indien u enige navrae het.

 
 

AFRIKAANSREDENAARS

Die volgende sprekers dring deur na die finale rondte van die landswye ATKV-redenaarskompetisie, wat op 16 Augustus by die ATKV Buffelspoort vakansie-oord sal plaasvind. Baie geluk!

Mishke Cilliers – Graad 3 HT
Kaylee Knott-Craig – Graad 5 EAT
Erik Botha – Graad 7 HT
Adam Marincowitz – Graad 7 EAT

 
 

SPRINGFEST

 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643