Nuusbrief  17                                                                  26 Mei 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Hemelvaartdag is ’n dag van hoop vir dié wat onwrikbaar glo. Jesus het opgevaar na die hemel, waar Hy sit aan God se regterhand vanwaar Hy vir ons intree. Mag u vandag Jesus as die ware Verlosser, wat steeds deurlopend by jou is en jou nooit sal verlaat nie, ervaar.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

YADAH

Ons is baie opgewonde om weer met die Yadah te begin! Ons trek ‘n nuwe baadjie vir die Yadah aan en slaan bietjie ‘n ander rigting in.

Dit gaan baie pret wees en elke lid van die Yadah gaan die geleentheid kry om regtig ‘n verskil in die wêreld te maak!

Wanneer: Elke Dinsdag
Tyd: 14:00 – 15:00
Plek: Me. Carina de Villiers se klas (Drieverdieping-gebou, LS06)
Doel: Om daadwerklik Jesus se hande en voete te wees d.m.v. uitreikprojekte in ons omliggende gemeenskap

INLIGTING
 
 

YADAH

Ons gaan van nou af elke week ’n gebedsfokus vir die week in die nuusbrief sit. Ons vra dat alle Midstream-gesinne saam met die Yadah en onderwysers hiervoor bid.

Hierdie week bid ons vir:
Hemelvaart – dat ons weer in verwondering sal staan oor God se genade, troos en seën in ons lewens.

 
 

BAADJIEPROJEK – RAAK BETROKKE!

Dit is weer tyd om u winterklerekas gereed te kry en van items wat u nie meer benodig nie, ontslae te raak! Indien u by die Winterbaadjieprojek saam met Doxa Deo betrokke wil raak, stuur asseblief alle warm baadjies wat nie meer aan u vereistes voldoen nie, skool toe. Gedurende Meimaand sal ons baadjies, truie en jasse bymekaarmaak om aan mense in ons omliggende gebiede, insluitend Olifantsfontein en Tembisa, te skenk.

Belangrik: Skryf ’n seëning, gebed of boodskap van hoop op ’n stuk papier en plaas dit in die baadjie se sak. Die persoon wat die baadjie kry, sal dan ook jou spesiale boodskap ontvang.

 
 

SPRINGFEST

Spesiale “Early Bird”-aanbod op 31 Mei en 1 Junie:

 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643