Nuusbrief  16                                                                  19 Mei 2022

 

UIT DIE KANTOOR

The true price of leadership is the willingness to place the needs of others above your own. Great leaders truly care about those they are privileged to lead and understand that the true cost of the leadership privilege comes at the expense of self-interest. – Simon Sinek

Ons is baie trots op ons graad 7-leerders en wil hul graag gelukwens met hul toewyding en harde werk. Ons waardeer elke graad 7-leerder en stel elkeen hoog op prys. Die afgelope Vrydag het ons ’n groep kinders as leiers aangekondig. Baie geluk aan hierdie kinders! Ek moedig al die graad 7’s aan om die toewyding wat hulle tot dusver getoon het, voort te sit.

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende seuns geluk te wens met hul insluiting in die Blou Bulle-span sowel as die seuns wat ingesluit is by die Privaatskole (Pretoria) rugbyspan, bekend as die “Rooikatte”, vir 2022. Mag hierdie geleenthede elke gekose seun help om hul rugbyloopbane te bevorder en elkeen tot sy volle potensiaal te ontwikkel. 

Blou Bulle o.12-span 2022:
Tiago Naidoo
Evan van der Merwe
Matthieu du Venage

Blou Bulle o.13-span 2022:
Oneile Nyoni

Rooikatte Rugbyspan 2022:
Ernst Brits
Keegan Diedericks
Wihan Piekaar
Frikkie Rall
Tristan van Heerden
Dawie Barnard
Nicholas Beukes
Roal Jansen van Vuuren
Louis Kruyshaar
Marco Smit

Midstream College is baie trots op die 14 hokkiespelers wat by die Noord-Gauteng provinsiale span ingesluit is.
Dit is wonderlik en ons sien daarna uit om hul prestasies op die hokkieveld te sien.

Seuns o.12A-span
Lethabo Lefakane
Sinokuhle Sithole

Dogters o.12A-span
Carli Venter
 Isabella Ferreira
Janelle Kirkpatrick
Warona Tsatsane

Seuns o.13A-span
Bonanisango Booi
Emil Els
Nicholas Beukes
Rupert Groenewald
Trent Sewpaul
Seuns o.13B-span
Gabriel Mendes
Dogters o.13A-span
Aphelele Mbatsha
Caitlin Arendse

Ons bedank elke ouer wat die huiswerkopname voltooi het. Hierdie waardevolle en positiewe inligting gee ons weer die geleentheid om te groei en verbeter tot voordeel van almal by ons skool.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

YADAH - BEGIN 24 MEI

Ons is baie opgewonde om weer met die Yadah te begin! Ons trek ‘n nuwe baadjie vir die Yadah aan en slaan bietjie ‘n ander rigting in.

Dit gaan baie pret wees en elke lid van die Yadah gaan die geleentheid kry om regtig ‘n verskil in die wêreld te maak!

Wanneer: Elke Dinsdag – ons begin op 24 Mei
Tyd: 14:00 – 15:00
Plek: Me. Carina de Villiers se klas (Drieverdieping-gebou, LS06)
Doel: Om daadwerklik Jesus se hande en voete te wees d.m.v. uitreikprojekte in ons omliggende gemeenskap

INLIGTING
 
 

RUITERKUNS

SANESA: Saddleseat
Carmia en Sulize van den Berg sal die komende naweek, 21 en 22 Mei aan die SANESA Saddleseat-afdeling in Parys (Vrystaat) deelneem. Ons wens hulle alles van die beste toe met hulle kwalifiseerders.

 
 

BAADJIEPROJEK – RAAK BETROKKE!

Dit is weer tyd om u winterklerekas gereed te kry en van items wat u nie meer benodig nie, ontslae te raak! Indien u by die Winterbaadjieprojek saam met Doxa Deo betrokke wil raak, stuur asseblief alle warm baadjies wat nie meer aan u vereistes voldoen nie, skool toe. Gedurende Meimaand sal ons baadjies, truie en jasse bymekaarmaak om aan mense in ons omliggende gebiede, insluitend Olifantsfontein en Tembisa, te skenk.

Belangrik: Skryf ’n seëning, gebed of boodskap van hoop op ’n stuk papier en plaas dit in die baadjie se sak. Die persoon wat die baadjie kry, sal dan ook jou spesiale boodskap ontvang.

 
 

SPRINGFEST

 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643