Nuusbrief  14                                                                  5 Mei 2022

 

UIT DIE KANTOOR

And maybe today is the start of something. Maybe just by you waking up this morning you have set in motion a series of beautifully complicated miracles. – Anoniem

Die Midstream-familie verwelkom me. Chandré Engelbrecht by die Engelsdepartement en me. Megan de Beer as nuwe onderwysassistent in die Grondslagfase. Ons wens julle alle geluk en voorspoed met hierdie nuwe fase van julle lewe toe. Mag julle die hart van Midstream waarlik leer ken.

Na dié langnaweek is ons opgewonde en gereed vir die besige kwartaal wat voorlê. Sterkte aan al ons leerders met hul akademie, sport en kultuur.

Ma-wees verander die landskap van jou hart vir ewig. Geniet ’n gelukkige en geseënde Moedersdag. Ons dra hierdie verwerking van ‘n gedig van Tawnya Knight, aan elke Midstream-mamma op, druk asseblief op die onderstaande skakel.

THE FIRST
 
 

HUISWERKOPNAME

Ons versoek u vriendelik om hierdie opname (vraelys) te voltooi om ons sodoende met terugvoer oor huiswerk by MCP te voorsien.

Ons ag u insette van hoë waarde en sal dit waardeer as u die opname voor of op Woensdag 11 Mei kan voltooi.

Klik asseblief op die onderstaande skakel vir die vraelys.

Vraelys
 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

MASKERS

Die gesondheid van ons leerders en onderwysers sal altyd die hoogste prioriteit by Midstream bly. Ons vestig derhalwe u aandag daarop dat ons vir die korttermyn by ons huidige reëling volstaan dat maskers steeds in die klasse en tydens klaswisseling gedra moet word. Maskers tydens pouse en in die middae buite, is nie nodig nie. Dieselfde geld as u sport kom ondersteun – geen maskers nodig nie. Die Departement van Onderwys behoort binnekort hul nuwe regulasies te publiseer wat ons vorentoe in ag sal neem ten opsigte van die dra van maskers.

 
 

BAADJIEPROJEK – RAAK BETROKKE!

Dit is weer tyd om u winterklerekas gereed te kry en van items wat u nie meer benodig nie, ontslae te raak! Indien u by die Winterbaadjieprojek saam met Doxa Deo betrokke wil raak, stuur asseblief alle warm baadjies wat nie meer aan u vereistes voldoen nie, skool toe. Gedurende Meimaand sal ons baadjies, truie en jasse bymekaarmaak om aan mense in ons omliggende gebiede, insluitend Olifantsfontein en Tembisa, te skenk.

Belangrik: Skryf ’n seëning, gebed of boodskap van hoop op ’n stuk papier en plaas dit in die baadjie se sak. Die persoon wat die baadjie kry, sal dan ook jou spesiale boodskap ontvang.

 
 

SKOOLUNIFORM

Die leerders mag kies of hulle winters- of somersdrag wil dra. Let net asseblief daarop dat ’n leerder volledige somersdrag of volledige wintersdrag moet dra. Winters- en somersdrag mag dus nie gemeng word nie. Sportdrag/sweetpakke mag slegs gedra word op dae wat ’n leerder L.O. het of direk na skool ’n sportaktiwiteit beoefen.

 
 

SPREEKKOOR (GRAAD 2 – 4)

Om meer graad 2- tot 4-leerders te akkommodeer het ons dit goed gedink om die spreekkoor se oefentye na Donderdagoggend om 07:10 te verander. Die eerste oefening sal dan op Donderdag 12 Mei wees. Indien u kind graag wil deel wees van die spreekkoor, stuur asseblief ’n e-pos aan Karen Krynauw by karenk@midstreamcollege.co.za.

 
 

SPORTOEFENING OP ’N REËNERIGE DAG

Indien dit ’n reënerige dag is, sal sportoefening vir daardie middag nie gekanselleer word nie. Sou die kinders nie op die sportvelde of -bane kan oefen nie, sal die afrigters in klaskamers met die leerders werk, deur o.a. strategiesessies en spanpraatjies. Ons vertrou dat dit die onnodige druk wat op u as ouers geplaas word om u kind op ’n reënerige dag vroeër te haal, sal verlig.

 
 

MYSCHOOL MYVILLAGE MY PLANET

Ons moedig u aan om u gratis MySchool MyVillage MyPlanet-kaart te gebruik tot voordeel van Midstream College. Swiep dit wanneer u inkopies doen by die verskillende kleinhandelvennote (in die winkel of aanlyn) en hulle sal dan 'n persentasie van u besteding aan die organisasie van u keuse teruggee – maak asseblief dus seker dat u Midstream College kies. Indien u nog nie ’nMySchool MyVillage MyPlanet-kaart het nie, klik asseblief op die skakel om vir u kaart aansoek te doen.

Klik op die volgende skakel om verskillende vennote te besigtig

Kaart aansoek Vennote
 
 

ARTISTATUE REDENAARSKOMPETISIE

Die volgende Afrikaansredenaars neem op Vrydag 6 Mei, aan die eerste rondte van die Artistatue Redenaarskompetisie deel. Baie sterkte en maak daardie stemme dik!

Graad 2: Sally Erasmus, Kyrah van Heerden
Graad 3: Leah Struwig, Lize Bezuidenhout
Graad 4: Pierre Jacobs, Daniël de Beer, Migael Combrinck, Shaelyn van Dyk
Graad 5: Lisa Ballot, Ksenya Reinke
Graad 6: Sebastiaan Struwig, Charl Cilliers
Graad 7: Erik Botha, Regardt van der Riet

 
 

STORIE-AAND

Die Afrikaansdepartement wil graag leerders se liefde vir stories verder ontwikkel. Die geleentheid is dus vir graad 4- tot 7-leerders geskep, om rustig en ontspanne na ’n verskeidenheid van stories te kom luister wat deur vooraanstaande lesers en akteurs aangebied word tydens ons jaarlikse Storie-aand.

Dit vind plaas op Vrydag 20 Mei om 17:30 – 20:00. Verdere reëlings sal aan die leerders deurgegee word.

Let wel: Ons versoek u vriendelik om nie later as Woensdag 11 Mei die skeurstrokie wat aan die leerders uitgedeel is, te voltooi en na u kind se Afrikaansonderwyser terug te stuur nie. Aangesien alle beplanning reeds voor die aand geskied, kan ons ongelukkig geen laat inskrywings of onttrekkings aanvaar nie. Dit is ook belangrik om te weet dat daar net plek vir ’n beperkte aantal leerders is as gevolg van die Covid-protokol wat gevolg moet word.

Vir verdere navrae en inligting is u welkom om mevrou E. v.d. Merwe by elsophiv@midstreamcollege.co.za te kontak.

 
 

CHORAL VERSE

Everyone is welcome!
A reminder that Junior and Senior Choral Verse have started!
If you would still like your child to join our group, next week is the last week to sign up!
Junior Choral Verse accommodates all learners from Grade 1 -3 while Senior Choral Verse is for any Grade 4 – 7 learner to participate in!

Wednesday afternoons in the auditorium!
Grade 1 – 3: 15:30 – 16:00
Grade 4 – 7: 15:00 – 15:30

 
 

MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.

Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Sien asseblief die pamflet vir meer inligting.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Registreer Pamflet
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643