Nuusbrief  13                                                                    21 April 2022

 

UIT DIE KANTOOR

George Washington Carver het gesê: “Education is the key to unlock the golden door of freedom” en Nelson Mandela het ook gesê: “Education is the most powerful weapon we can use to change the world”. Mag ons leerders hierdie aanhalings ter harte neem en hul vryheid, insig, kennis en mag gebruik om die wêreld te verander. Ons gee erkenning aan die onderrig wat ons leerders elke dag ontvang en weet dat dit hulle nog baie in hul lewens sal baat.

Beste wense vir al ons Midstream College-gesinne op Nasionale Vryheidsdag en Werkersdag.

Baie sterkte aan die onderstaande graad 2- tot 7-Afrikaansleerders, wat op 22 en 23 April aan die eerste rondte van die ATKV-Redenaars by Hoërskool Menlopark gaan deelneem.

Graad 2: Kyrah van Heerden
Graad 3: Leah Struwig, Mishke Cilliers, Klara Ballot, Hein Kymdell
Graad 4: Pierre Jacobs, Migael Combrinck
Graad 5: Xander Piekaar, Sulize van den Berg, Amelie Ponting, Mieke Grobler, Danike Marx, Kaylee Knott-Craig
Graad 6: Sebastiaan Struwig
Graad 7: Milan Pohl, Annette Lombard, Erik Botha, Ivan Kymdell, Lukas Combrinck, Adam Marincowitz

Baie sterkte ook aan ons o.11-tennisspanne wat vanaf 26 tot 30 April in Bethlehem aan die Truida Kestell Tennistoernooi gaan deelneem. Die tennissterre is: Harrison Nass, Migael du Plessis, Benno Viljoen, John Pieters, Rico Prinsloo, Amelie Ponting, Olivia Wessels, Lexi Aucamp en Delani van Dyk.

 
 

KARAKTERDAG

Kom vier Wêreldboekedag saam met ons! Trek Vrydag 22 April soos jou gunsteling storieboekkarakter aan. Dink buite die boks en gebruik bykomstighede wat jy tuis het. Ons sien vreeslik uit daarna om al die karakters in die Midstream College Primêre Skool-storieboek te ontmoet!

Let wel: Volgens die dagboek is karakterdag vir Vrydag 24 Junie geskeduleer. Ons pas die datum aan om dit tydens Wêreldboekedag (Saterdag 23 April) te vier.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

UITREIKPROJEK – RAAK BETROKKE!

Dit is weer tyd om u winterklerekas gereed te kry en van items wat u nie meer benodig nie, ontslae te raak! Indien u by die Winterbaadjieprojek saam met Doxa Deo betrokke wil raak, stuur asseblief alle warm baadjies wat nie meer aan u vereistes voldoen nie, skool toe. Gedurende Meimaand sal ons baadjies, truie en jasse bymekaarmaak om aan mense in ons omliggende gebiede, insluitend Olifantsfontein en Tembisa, te skenk.

Belangrik: Skryf ’n seëning, gebed of boodskap van hoop op ’n stuk papier en plaas dit in die baadjie se sak. Die persoon wat die baadjie kry, sal dan ook jou spesiale boodskap ontvang.

 
 

SKOOLUNIFORM

Die leerders mag kies of hulle winters- of somersdrag wil dra. Let net asseblief daarop dat ’n leerder volledige somersdrag of volledige wintersdrag moet dra. Winters- en somersdrag mag dus nie gemeng word nie. Sportdrag/sweetpakke mag slegs gedra word op dae wat ’n leerder L.O. het of direk na skool ’n sportaktiwiteit beoefen.

 
 

SPREEKKOOR (GRAAD 2 – 4)

Om meer graad 2- tot 4-leerders te akkommodeer het ons dit goed gedink om die spreekkoor se oefentye na Donderdagoggend om 07:10 te verander. Die eerste oefening sal dan op Donderdag 12 Mei wees. Indien u kind graag wil deel wees van die spreekkoor, stuur asseblief ’n e-pos aan Karen Krynauw by karenk@midstreamcollege.co.za.

 
 

KULTUURFEES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die kultuurfeesdatums.

Kultuurfeesdatums
 
 

STUDIEMETODES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

Studiemetodekursus
 
 

MCP KRIEKETWEEK 2022

Ons wil graag aan al ons A- en B-spanne, van o.9 tot o.13, die geleentheid bied om op hoëgehalte blaaie by ons eie skool teen strawwe kompetisie mee te ding, met die oog op voorbereiding vir die liga.

Ons wil klem lê op goeie kompeterende krieketwedstryde sonder om enigsins ’n trofee daaraan te heg, teen ’n breukdeel van die koste in vergelyking met toere buite die stad.

B-Spanne

Datum: Maandag 11 Julie tot Woensdag 13 Julie 2022
Wedstryd formaat: 20 beurte
Woensdag 13 Julie: Aksiekrieket-afsluiting

A-Spanne

Datum: Donderdag 14 Julie tot Saterdag 16 Julie 2022
Wedstryd formaat: 20 beurte.
Saterdag 16 Julie: Aksiekrieket-afsluiting.

 
 

ANOK

As jy belangstel om deel van ANOK (elektroniese skoolkoerant) te word en in graad 5 – 7 is, moet jy die volgende doen:
1. Skryf ’n kort skoolverwante artikel (Arial font, grootte 12, 1.5 lynspasiëring) en maak ’n kort video. Die 
     artikel en video hoef nie oor dieselfde tema/storie te gaan nie.
2. Jou artikel moet ’n kop (opskrif) hê en jou naam, van en graad onder die kop. Begin asseblief jou video
     met jou naam, van en graad.
3. Neem ’n foto wat by jou artikel pas.
4. Die bostaande moet aan me. V. Piekaar gestuur word teen Dinsdag 31 Mei. E-pos dit asseblief na
     mcpanok@gmail.com.
5. Jy is welkom om meer inligting by juffrou Piekaar te kom kry, indien jy oor iets onseker is.

 
 

CHORAL VERSE

Everyone is welcome!
A reminder that Junior and Senior Choral Verse have started!
If you would still like your child to join our group, they are welcome!
Junior Choral Verse accommodates learners from Grade 1 – 3, while Senior Choral Verse is for any Grade 4 – 7 learner to participate in!

Grade 1 – 3: 15:30 – 16:00 (Auditorium)
Grade 4 – 7: 15:00 – 15:30 (Auditorium)

 
 

GHOLF 2022

Die skool wil graag ons leerders die geleentheid bied om Dinsdae saam met hul vriende gholf te speel. Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers in te val. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 19 April tot 14 Junie 2022 geld (die volgende datums sal daar nie gholf wees nie 26 April, 24 Mei en 31 Mei). Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Om by die Covid 19-regulasies te hou, moet ons weet hoeveel leerders van die geleentheid gebruik sal maak. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel.

DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.
Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661 0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R60-00 per speler per middag.)
Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholfbaan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.
Kontakbesonderhede: Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za
                                           Christo Eagleton: 082 536 3354.

 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2023

Graad 8-inskrywings vir 2023 sluit Vrydag 29 April 2022. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Inskrywings
 
 

TINA COWLEY

Die program fokus op leesvaardighede soos begripslees en spoedverbetering om leerders te help met leer en die beantwoording van vraestelle, vaardighede wat hulle vir die res van hul lewens sal benodig. Klik op die onderstaande skakel vir meer inligting.

Tina Cowley
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643