Nuusbrief  12                                                                    14 April 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Paasfees is die herinnering daaraan dat Jesus met Sy dood aan die kruis, eers die mag van die sonde gebreek het en toe, met Sy opstanding, die mag van die dood. Hierdie twee oorwinnings gee vir ons ware en totale verlossing. In Sy oorwinningskrag, lê ons hoop en vreugde. Paasfees is 'n tyd om in dankbaarheid te jubel oor wat Jesus vir elkeen van ons gedoen het.

Ek wens u 'n geseënde Paasnaweek toe.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

GHOLF 2022

Die skool wil graag ons leerders die geleentheid bied om Dinsdae saam met hul vriende gholf te speel. Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers in te val. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 19 April tot 14 Junie 2022 geld (die volgende datums sal daar nie gholf wees nie 26 April, 24 Mei en 31 Mei). Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Om by die Covid 19-regulasies te hou, moet ons weet hoeveel leerders van die geleentheid gebruik sal maak. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel.

DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.
Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661 0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R60-00 per speler per middag.)
Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholfbaan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.
Kontakbesonderhede: Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za
                                           Christo Eagleton: 082 536 3354.

 
 

ANOK

As jy belangstel om deel van ANOK (elektroniese skoolkoerant) te word en in graad 5 – 7 is, moet jy die volgende doen:
1. Skryf ’n kort skoolverwante artikel (Arial font, grootte 12, 1.5 lynspasiëring) en maak ’n kort video. Die 
     artikel en video hoef nie oor dieselfde tema/storie te gaan nie.
2. Jou artikel moet ’n kop (opskrif) hê en jou naam, van en graad onder die kop. Begin asseblief jou video
     met jou naam, van en graad.
3. Neem ’n foto wat by jou artikel pas.
4. Die bostaande moet aan me. V. Piekaar gestuur word teen Dinsdag 31 Mei. E-pos dit asseblief na
     mcpanok@gmail.com.
5. Jy is welkom om meer inligting by juffrou Piekaar te kom kry, indien jy oor iets onseker is.

 
 

KARAKTERDAG

Kom vier Wêreldboekedag saam met ons! Trek Vrydag 22 April soos jou gunsteling storieboekkarakter aan. Dink buite die boks en gebruik bykomstighede wat jy tuis het. Ons sien vreeslik uit daarna om al die karakters in die Midstream College Primêre Skool-storieboek te ontmoet!

Let wel: Volgens die dagboek is karakterdag vir Vrydag 24 Junie geskeduleer. Ons pas die datum aan om dit tydens Wêreldboekedag (Saterdag 23 April) te vier.

 
 

MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.
Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Sien asseblief die pamflet vir meer inligting.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Pamflet Registreer
 
 

CHORAL VERSE

A reminder that Junior and Senior Choral Verse started this week Wednesday, 13 April. If you would still like your child to join our group, they are welcome! Junior Choral Verse accommodates learners from Grade 1 – 3, while Senior Choral Verse is for any Grade 4 – 7 learner to participate in!

Grade 1 – 3: 15:30 – 16:00 (To meet at Mrs Terri Janse van Rensburg’s classroom)
Grade 4 – 7: 15:00 – 15:30 (To meet outside the school hall)

 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2023

Graad 8-inskrywings vir 2023 sluit Vrydag 29 April 2022. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Inskrywings
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643