Nuusbrief  11                                                                    7 April 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Welkom terug by die skool na ’n wonderlike vakansie. Nou kan ons almal die nuwe kwartaal met ‘n uitgeruste brein en ‘n huppel in ons stap aanpak. Beste wense vir die nuwe kwartaal! Omhels al die nuwe, opwindende geleenthede en nuwe vriende maak en geniet die kultuur- en sportaktiwiteite! Baie sterkte met al die leer.

Ons verwelkom graag vir me. Abigail Lizzio in die Engelsdepartement en me. Simphiwe Zwane as assistent in die Grondslagfase. Ons hoop dat julle vinnig by die Midstream-familie sal tuisvoel. Ons bid vir julle ‘n gelukkige en suksesvolle toekoms by ons toe!

Baie geluk aan ons atlete wat so besonders tydens die Suid-Afrikaanse Atletiek-kampioenskappe presteer het. Hulle het verseker die atletiekseisoen op ’n hoë noot afgesluit en ons is baie trots op ons sterre.
Hiermee die uitslae:
Janelle Kirkpatrick (o.12)      1ste in 75 m Hekkies, 2de in 150 m Hekkies, 2de in Hoogspring
Banie Claasen (o.10)            1ste in 1 200 m Emil Els (o.13) 2de in 800 m
Evan van der Merwe (o.12)   3de in Spiesgooi
Linmari Kirkpatrick (o.10)     4de in 70 m Hekkies
Rupert Groenewald (o.13)    5de in 1 500 m
Rikus Holtzhausen (o.12)     7de in 150 m Hekkies, 8ste in Verspring
Marcel van der Leek (o.10)   8ste in 1 200 m

Baie geluk aan al die swemmers wat aan die SANJ-streekskampioenskappe van 30 Maart tot 2 April deelgeneem het, julle het voorwaar Midstream College se naam hoog gehou.

Abigail Roberts het ook aan die SA-Skole Swemkampioenskappe deelgeneem en uitstekend gevaar, baie geluk, Abigail! Sy het goud in die 50m vlinderslag, in die 4x100m gemengde aflos, in die 4x100m vryslagaflos en ook in die 4x50m gemengde aflos verwerf. Sy het silwer in die 4x50m vryslagaflos, brons in die 50m vryslag en vierde plek in die 50m en 200m rugslag verwerf!

Rupert Groenewald het ook gedurende die vakansie, as lid van die Gauteng-Noordspan, aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Tweekamp-kampioenskappe in Gqeberha deelgeneem. Hy eindig in die 6de posisie uit 68 deelnemers in die o.15-afdeling (hy is nou eers o.13!). Baie geluk, Rupert!

Veels geluk ook aan Beyers Pretorius, wat gedurende die afgelope vakansie vir Gauteng-Noord in die o.13-seuntennisspan, tydens ‘n interprovinsiale toernooi in Bloemfontein verteenwoordig het. Beyers het 5 van sy  6 enkelswedstryde gewen en Gauteng-Noord eindig algeheel 5de uit 14 baie sterk spanne – wat ‘n uitstekende prestasie!

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Woensdag 13 April plaas. Ons is verheug om te noem dat dit weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, sal plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Geen e-posse word aanvaar nie. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 7 April om 14:00 tot 13 April om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Woensdag 13 April gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
 Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ‘n tydsgleuf.

U sal dan ’n epos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

Ouerpoort
 
 

KARAKTERDAG

Kom vier Wêreldboekedag saam met ons! Trek Vrydag 22 April soos jou gunsteling storieboekkarakter aan. Dink buite die boks en gebruik bykomstighede wat jy tuis het. Ons sien vreeslik uit daarna om al die karakters in die Midstream College Primêre Skool-storieboek te ontmoet!

Let wel: Volgens die dagboek is karakterdag vir Vrydag 24 Junie geskeduleer. Ons pas die datum aan om dit tydens Wêreldboekedag (Saterdag 23 April) te vier.

 
 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2022!
Ons nooi alle graad 2-, 3- en 4-leerders om deel te wees van die Spreekkoor. Oefening sal op Dinsdae 15:30 – 16:00 in die saal wees. Oefeninge sal op 10 Mei begin. As julle deel van die spreekkoor wil wees, stuur asseblief ’n e-pos met u kind se naam, graad en klas aan me. Karen Krynauw by karenk@midstreamcollege.co.za.

 
 

CHORAL VERSE

(Choral Verse is die Engelse spreekkoor.)
Welcome one and all!
Everyone from Grade 1 – Grade 7 is welcome to join Choral Verse.

Junior Choral Verse accommodates learners from Grade 1 – 3, while Senior Choral Verse is for any Grade 4 – 7 learner to participate in! There are no auditions and absolutely everyone is welcome to join us! (This includes learners from the English and Afrikaans streams.) We learn a poem and then present it as a group in front of an audience. Choral Verse exercises our memory, gives children a space in which to meet new friends and builds confidence.

Choral Verse will begin on Wednesday, 13 April.

Grade 1 – 3: 15:30 – 16:00 (To meet at Mrs Terri Janse van Rensburg’s classroom)
Grade 4 – 7: 15:00 – 15:30 (To meet outside the school hall)

 
 

TENNIS

Tennisoefeninge gaan vanaf Woensdag 6 April soos normaal voort.

 
 

LANDLOOP 2022

Landloopoefening het die week begin. Oefeninge is Maandae tot Donderdae, 14:00 tot 15:00. Kyk op die skool se webblad vir belangrike inligting. Daar is ook ’n Landloop WhatsApp-groep waar belangrike inligting meer gereeld gedeel sal word. Volg die skakel om by die groep aan te sluit

WhatsApp skakel

MYSCHOOL MYVILLAGE MYPLANET CARDS

Ons moedig ons ouers aan om te onthou om hulle MySchool MyVillage MyPlanet-kaarte by enige van die deelnemende winkels te gebruik.

 

2022 KULTUURFEESINLIGTING

Inskrywings vir die Kultuurfees is tot Donderdag, 14 April 2022 verleng.

NUWE KATEGORIE: Ons Pa-en-seun-funksie is uitsluitlik vir graad 6- en 7-seuns en hul pa’s. Kom geniet ’n inspirerende aand saam. ’n Motiveringspreker sal ’n paar wenke vir die seuns bied oor hoe om in die hedendaagse wêreld ’n man te wees. Ligte verversings al voorsien word.

Vanjaar se tema is “Unlock”. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u dus van elke afdeling se vereistes.

Massadeelname is vir ons ’n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem.

Inskrywingsgelde sal slegs vir Handwerk, “Flavour Festival”, “Flavour Festival – Masterclass”, die Pa- en-seunfunksie en “Leading Ladies” betaal word.

Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Geen leerders van ander skole mag aan ons Kultuurfees deelneem nie.

HOE WERK DIE INSKRYWINGS?
Daar word vir alle items word via die Ouerpoort ingeskryf.
Volg asseblief die onderstaande skakel na die Ouerpoort en druk op die Students-tab.
Klik op die leerder se foto en kies die “Cultural Festival Entries”-tab.
Vir meer inligting rakende ’n item, druk op die betrokke aktiwiteit.
Oefen jou keuses uit deur op die vierkant te druk.
Nadat al die keuses gemaak is, druk op die “Sign Up”-knoppie regs bo-aan die skerm.
Die aktiwiteite/items sal onderaan die skerm vertoon en u is suksesvol ingeskryf.

Ouerpoort
 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2023

Graad 8-inskrywings vir 2023 sluit Vrydag 29 April 2022. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Inskrywings
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643