Nuusbrief  10                                                                    17 Maart 2022

 

UIT DIE KANTOOR

When enthusiasm develops in depth, it introduces into the personality a verve, an excitement, an ongoingness, that raises slow shimmering to a boil, and brings about a quality that makes a difference.” Norman Vincent Peale

Die eerste kwartaal van 2022 is beslis deur die entoesiasme van ons kinders, die entoesiasme van ons ouers en die entoesiasme van ons onderwysers gekenmerk. Ons het groot opgewondenheid beleef met al die wonderlike prestasies wat ons kinders hierdie kwartaal behaal het. Ons vier die leerders van Midstream College Primêre Skool vir die verskil wat hulle gemaak het!

In ʼn neutedop – ons leerders het hul staal getoon in die klaskamers, op ekstrakurrikulêre gebied sowel as in hul betrokkenheid met mekaar. Ons het 8 leerders wat Gauteng gedurende die vakansie in atletiek verteenwoordig (ʼn rekordgetal atlete). Ons wens hierdie jong dames en here alle sterkte toe. Terselfdertyd wil ons elke atleet wat die afgelope kwartaal op die atletiekveld deelgeneem het, gelukwens – ons is so trots op almal van julle. Ons swemmers het in beide die A- en C-ligagalas skoonskip gemaak – wat ons beslis gewys het dat hulle oor ’n kwaliteit beskik wat ’n verskil maak. Ons rugby- en netbalaktiwiteite het met ’n knal begin. Van ons Bulletjie Rugby en Mininetbal tot ons ope spanne speel almal reeds met vasberadenheid, entoesiasme en genot. Ons netbaldogters het reeds ’n afrigtingskliniek bygewoon en het hierdie kwartaal teen hul eerste teenstanders meegeding ter voorbereiding vir hul liga wat in die nuwe kwartaal afskop. Ons muurbalspelers is op die bane besig om hul vaardighede op te skerp, en ons gholfspelers en perderuiters het ook hul merk gemaak. Ons tennisspelers het ’n hele kwartaal van wedstryde teen ander skole agter die rug en het tot dusver noemenswaardige resultate gelewer het. Ons sien beslis uit na ’n wonderlike tweede kwartaal.

Op kulturele gebied was ons koor, revue, slagorkes, Isicathulo, Grace ensemble sowel as al ons verskillende redenaarsgroepe sommer baie besig. Die ATKV-praters het hul vaardighede in hul eerste kompetisie vertoon. Ons staan in verwondering oor die ongelooflike entoesiasme van ons leerders en wil hulle graag aanmoedig om met hierdie wen-houding vol te hou.

Ons kinders neem aan die einde van die kwartaal hulle rapporte huis toe en deel so hul harde werk en deursettingsvermoë in die klaskamer met hul ouers. Skool is ’n baie sosiale aktiwiteit en ’n plek waar ons ons talente op verskillende gebiede kan ontwikkel. Ons Midstream-gemeenskap het hulself beslis heelhartig hiervan deelgemaak. Ek sien baie daarna uit om die hoogtes wat ek weet ons volgende kwartaal kan bereik, te aanskou. Mag elke gesin ’n welverdiende vakansie geniet en verfris en gereed terugkeer om weer die opwinding en entoesiasme van ‘n vol lewe, aan te durf.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

KASKARDAG

Kaskardag vind op Vrydag 18 Maart gedurende skoolure plaas.
Skool sluit om 12:00.
Leerders trek LO-klere aan.
Onthou om sonblok aan te smeer en jou skoolsonhoed op te sit.

 
 

PERSONEEL

Mev. Bailey en me. Franel Coetzee verlaat Midstream College aan die einde van hierdie kwartaal, Ons is baie dankbaar vir die wonderlike bydrae wat hulle tot ons skool gedurende hul tyd hier, gemaak het. Ons wil hulle albei die allerbeste met hulle toekomsplanne toewens.

 
 

SUID-AFRIKAANSE KAMPIOENSKAPPE (ATLETIEK)

Baie geluk aan die volgende atlete wat by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Potchefstroom van 24 – 26 Maart sal meeding.

Linmari Kirkpatrick
Banie Claasen
Marcel van der Leek
Janelle Kirkpatrick
Rikus Holtzhausen
Evan van der Merwe
Emil Els
Rupert Groenewald

 
 

RAPPORTE

Die rapporte sal op Vrydag 18 Maart om 12:00 op die Ouerpoort beskikbaar wees.

TENNIS

Daar sal geen skooltennis-oefening op Vrydag 18 Maart wees nie. Geniet die vakansie!

 

RUITERKUNS

Die ruiterkunsspan sal gedurende die vakansie, op 2 April, aan die kompetisies deelneem wat tydens Februarie uitgereën het. Ons wens ons span alles van die beste toe.

 
 

LANDLOOP 2022

Landloopoefening begin die eerste dag van die tweede kwartaal. Die oefeninge geskied Maandae tot Donderdae, 14:00 tot 15:00 Volg asseblief die skakel indien u by die WhatsApp groep wil inskakel waar belangrike informasie gedeel word:

WhatsApp skakel

DIE UNIFORMWINKEL – MAART/APRIL-VAKANSIE HANDELSURE

18 Maart: 07:00 – 15:00
19 – 30 Maart: Gesluit
31 Maart & 1 April: 08:00 – 16:00
4 April: 08:00 – 17:00
Vanaf 5 April: 07:00 – 17:00

 

OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Woensdag 13 April plaas. Ons is verheug om te noem dat dit weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, sal plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Geen e-posse word aanvaar nie. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 8 April om 14:00 tot 13 April om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Woensdag 13 April gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
 Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ‘n tydsgleuf.

U sal dan ’n epos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

Ouerpoort
 
 

STUDIEMETODES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

Studiemetodes
 
 

2022 KULTUURFEESINLIGTING

 Daar word met trots aangekondig dat die jaarlikse Kultuurfees weer binnekort in volle swang gaan wees.

 Vanjaar se tema is “Unlock”. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u dus van elke afdeling se vereistes.

Massadeelname is vir ons ’n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem.

Geen inskrywingsgelde sal betaal word nie, behalwe handwerk, “Flavour Festival”, “Flavour Festival - Master Class” en “Leading Ladies”.

Elke deelnemer ontvang ’n sertifikaat. Die beoordelaars se beslissing is finaal. U word vriendelik versoek om u kind te begelei in die keuse en inoefening van items. U is welkom om u kind self af te rig.

Let wel: Die personeel is slegs in beheer van afdelings, maar rig nie self die leerders af nie. Verseker asseblief dat u kind goed voorberei, aangesien ’n onafgeronde item kinders in die verleentheid stel.

Punte word toegeken vir deelname. Punte vir deelname, sowel as die simbole wat tydens optrede behaal word, word saam bereken om die algehele beste kultuurleerder te bepaal. Die leerders word by ’n saalbyeenkoms aangekondig.

Let asseblief op die beperkings by die verskillende afdelings en hou ook in gedagte dat van die items op dieselfde dag plaasvind.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Sluitingsdatum 18 Maart 2022.

Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Geen leerders van ander skole mag aan ons Kultuurfees deelneem nie.

HOE WERK DIE INSKRYWINGS?
Daar word vir alle items word via die Ouerpoort ingeskryf.
Volg asseblief die onderstaande skakel na die Ouerpoort en druk op die Students-tab.
Klik op die leerder se foto en kies die “Cultural Festival Entries”-tab.
Vir meer inligting rakende ’n item, druk op die betrokke aktiwiteit.
Oefen jou keuses uit deur op die vierkant te druk.
Nadat al die keuses gemaak is, druk op die “Sign Up”-knoppie regs bo-aan die skerm.
Die aktiwiteite/items sal onderaan die skerm vertoon en u is suksesvol ingeskryf.

Ouerpoort
 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2023

Graad 8-inskrywings vir 2023 sluit Vrydag 29 April 2022. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Inskrywings
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643