Sedert 2006

Search
Close this search box.

Menu

Rugby

Senior Rugby

Jaco Krüger

Organiseerder
MCP-Rugby@midstreamcollege.co.za

Conrad Steyn

Organiseerder
MCP-Rugby@midstreamcollege.co.za

Skedule

Inligting

Midstream College se senior rugby is spelers in graad 3 (o.9), graad 4 (o.10), graad 5 (o.11) en die oop spanne (graad 6 en 7 gemeng). Tydens oefeninge word daar gefokus op die ontwikkeling van die spelers se vaardighede, fiksheid en veiligheid. Rugbytoere vind tydens die Maart-Aprilvakansie plaas. Ons bied ook elke jaar die Midstream College Rugbydag aan. Tydens hierdie dag speel al die skole van Pretoria se eerstespanne teen mekaar en daar is selfs toerspanne soos Grey College wat ook kom deelneem. Midstream College se rugby is gesëend en het nog elke jaar `n aantal Craven Week-spelers opgelewer. 

Bulletjie Rugby

Estian Esterhuizen

Organiseerder
MCP-Bulletjies@midstreamcollege.co.za

Inligting

Midstream College se Bulletjie Rugby is vir spelers in graad R (o.6), graad 1 (o.7) en graad 2 (o.8). “Rip”-rugby, waar kontak vermy word, word gespeel om eerder op die ontwikkeling van vaardighede te fokus. `n Klein speler kan dus `n groot speler “duik” deur slegs die “rip” (‘n strook materiaal) af te ruk. Kontakrugby word eers in graad 3 (o.9) infaseer. Tydens oefeninge word daar op die ontwikkeling van die spelers se vaardighede, fiksheid, veiligheid en `n liefde vir rugby gefokus.